Hier by Kuilsrivier Slaghuis het Terblanche Bosman 25 jaar se ervaring in die vleisbedryf en glo ons nog aan al die ou waardes. Net die beste is goed genoeg vir ons kliente met vriendelike en persoonlike diens.
Kuilsrivier Slaghuis is nie net n gewone slaghuis nie. Ons braai heerlike boerewors rolle elke dag voor die winkel, ons verhuur SPIT-BRAAI's en doen voorbereiding vir spit.
Ons voorsien in al jou vleis behoeftes vir spesiale geleenthede, groot maat aankope, spesiale verpakkings ens. Sê ons waarna jy op soek is, en ons gee jou die beste opsies en pryse.... ons lewer gratis af binne radius van 25km vir bestellings groter as R2000.00
Ons verkoop kwaliteit vleis(Lam, Bees, Vark en Hoender snitte) teen sakpas pryse. Kos wat jou hart warm maak en jou maag vol maak.
Na 'n goeie jag seisoen is jy welkom om jou wild te bring en ons verwerk alles soos jy dit wil he teen billike pryse..
Kom loer gerus in, jy is altyd welkom!
Terblanche Bosman
Mon-Thu 8:30 AM - 17:30 PM
Fridays 8:00 AM - 17:30 PM
Saturday 8:00 AM - 13:00 PM